ANC is by ‘n kruispad

‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Dakota Legoete, sê die party is by ‘n kruispad waar hulle die nasionale belang bo persoonlike belang moet plaas. Die regerende party maak gereed vir sy nasionale verkiesingskonferensie wat Vrydag begin. President Cyril Ramaphosa kom teen die gewese minister van gesondheid, Zweli Mkhize te staan vir die amp van ANC-president, terwyl die ANC se uittredende tesourier-generaal, Paul Mashatile, die gunsteling is om die nuwe adjunkpresident te word. Legoete sê nog werk is nodig om die party reg te stel.

Intussen sê Legoete die uitdaging is dat die ANC die onverdedigbare verdedig, soos byvoorbeeld partyleiers wat van oortredings beskuldig word.