Twee wat blykbaar lieg oor Sisa-verbinding vra vandag vir borg

Twee jong mans van 19 jaar oud, verskyn weer vandag in die Windhoek-landdroshof in Katutura op aanklagte van bedrog en vervalsing. Die Namibiese polisie sê dat Jerome Haragaob en Simon Shuuya wat Gure Trading besit, glo hul verbintenis met die Windhoekse regsfirma Sisa Namandje aangedui het. Deur die valse verbintenis met die regsfirma het hulle na bewering bedrog in die Khomas- en Erongo-streke gepleeg, aangesien verskeie sakelui geld betaal het om met hul maatskappy sake te doen. Daar word verwag dat die twee vandag vir borg aansoek dal doen. Sisa Namandje het homself van Gure Trading gedistansieer en gevolglik ‘n saak by die polisie aanhangig gemaak wat gelei het tot die arrestasie van die twee verdagtes op 8 Augustus.