Durban se strande gesluit – E. coli loop oop

Die eThekwini-munisipaliteit het besluit om sommige strande om Durban onmiddellik te sluit weens hoё vlakke van E-coli in die water. Dit volg op die resultate van onlangse watertoetse wat hoё vlakke van E-coli bevestig het. Die munisipaliteit het in Junie sommige strande gesluit omdat aansienlike skade aan afvalwaterbehandelingsaanlegte en sanitasie-infrastruktuur tot rioolbesoedeling in talle riviere gelei het. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Msawakhe Mayisela sê alle wateraktiwiteite soos swem, branderplankry, visvang, baai en kanovaart word verbied: