Telecom registreer ook nou SIM-kaarte

Telecom Namibia het begin met die registrasie van voorafbetaalde SIM-kaarte. Die Namibiese kommunikasie-owerheid Cran, het onlangs aangekondig dat alle SIM-kaarte teen die einde van die jaar geregistreer moet word om veral bedrog te bekamp. Telecom se hoof van korporatiewe kommunikasie, Nomvula Kambinda, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor wat nodig is om jou SIM te registreer.