Twee vroue aangeval in Prosperita, hul katjie doodgemaak

Volgens berigte is twee vroue in die veld agter Prosperita in die hoofstad vanoggend deur drie mans, wat met pangas gewapen was, oorval. Die twee vroue het met twee honde en ‘n katjie gaan stap. Die mans het volgens berigte die katjie doodgemaak en die twee vroue gedwing om fondse deur middel van hul selfone, oor te betaal. Hulle is in erge skok, maar blykbaar, ongedeurd aangetref na die honde terug na hul voertuig gehardloop het. Terwyl daar talle rooftogte in en om die hoofstad is, is die gebied rondom Prosperita veral op die oomblik uiters gevaarlik. Inwoners van die hoofstad word gemaan on die gebied te vermy en oor die algemeen versigtig te wees. Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers is aan die woord.