Droogteramp vir Horing van Afrika

Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê reënvoorspellings vir Oktober tot Desember toon groot kanse op droër as gemiddelde toestande in die Horing van Afrika. Die organisasie sê dit wil voorkom asof die ergste droogte in meer as 40 jaar steeds voortduur. Die modelle toon, met ‘n hoë mate van vertroue, dat die gebied die vyfde agtereenvolgende mislukte reënseisoen sal binnegaan. Volgens berigte is Ethiopië, Kenia en Somalië op die rand van ‘n ongekende humanitêre ramp.