‘Baas’ en ‘miesies’ is steeds in Namibië sigbaar – in armoede, sê Hage

President Hage Geingob het weer apartheid en kolonialisme blameer, die keer by die 32ste Heldedag-herdenking wat vandag op Mariental plaasvind. Hy het erkenning gegee aan die volksmoord maar, sê dat die stelsel van ‘baas’ en ‘miesies’ steeds vandag sigbaar is in die land, in die vorm van armoede.

Hy sê ekonomiese vryheid is nou die werk van nuwe kampvegters en bevryders.