Twee verskyn op Otji vir N$50 000 se dwelms

Twee vroue sal na verwagting vandag in die Otavi-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering gevind is waar hulle met dwelms ter waarde van nagenoeg 50 000 Namibiese dollar handel dryf. Die Namibiese polisie se woordvoerder in die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, sê die vroue, onderskeidelik 43 en 36 jaar oud, is op verskillende plekke in hegtenis geneem. ‘n Wenk van ‘n lid van die publiek is ontvang wat tot die arrestasies gelei het. Die vroue se wonings is ook deurgesoek en Mandrax en dagga is gevind. Mbeha het gesê dit is nog onbekend aan die polisie waar die dwelms vandaan kom, en ondersoeke na die saak duur voort.