Gauteng se paaie word aangespreek

Suid-Afrika is bekend vir sy vervalle paaie maar, plek-plek word instandhoudingswerk gedoen. Die Gautengse premier, David Makhura sê paaie is belangrike katalisators vir belegging en om ekonomiese groei in die provinsie te ontsluit. Die woordvoerder van die provinsiale vervoerdepartement, Melitah Madiba sê die Wes-Rand is een van die streke met ʼn agterstand met infrastruktuur en pogings word verskerp om infrastruktuurprojekte te lewer wat ekonomiese groei in die gebied sal aanvuur: