Twee verdagtes vas oor rooftog, moord by juwelierswinkel in Centurion

Twee verdagtes van 23- en 24-jaar is in Hillbrow, Johannesburg, vir roof en moord in hegtenis geneem ná gister se rooftog by ‘n juwelierswinkel in die Centurion-winkelsentrum. Die 55-jarige winkeleienaar is noodlottig gewond. Die verdagtes is ook in besit betrap van die voertuig wat na bewering gebruik is om van die toneel te vlug. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Sello, sê volgens ‘n voorlopige ondersoek word een van die verdagtes ook in ‘n ander roofsaak gesoek.