Kleinskaalse boere by Aroab soek nóg boerderygrond

Kleinskaalse boere en ander gemeenskapslede van Aroab het ‘n vreedsame betoging na die Aroab-nedersettingsraad gehad om meer grond vir boerdery te eis. Sowat 17 kleinveeboere boer tans op ‘n stuk grond van 5 000 hektaar wat aan die raad behoort en hulle sê dit het te klein geword vir die aantal boere en vee wat vermeerder het. Die petisie is deur Benjamin van Staden voorgelees en hulle vra nóg 5 000 hektaar grond vir die 26 boere om groente te kweek en met hoenders en varke te boer.