Klopjag by gevangenis in KwaZulu-Natal lewer selfone, dagga op

Beamptes van Korrektiewe Dienste in die buurland het ‘n klopjag by die Qalakabusha Korrektiewe Sentrum in Empangeni, KwaZulu-Natal, uitgevoer en minstens 30 selfone, skerp voorwerpe en onwettige dwelms ontdek. Daar is ook beslag gelê op dagga met ‘n straatwaarde van meer as 12 000 rand. Altesaam 269 gevangenes is tydens die klopjag uit hul selle verwyder. Die waarnemende nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Samuel Thobakgale, sê dit vorm deel van hul “Contraband Free” veldtog.