Twee vennote van Gupta-broers oor Estina-suiwelprojek in hof

Die landdroshof in Pretoria het ‘n bedrogsaak teen twee vennote van die Gupta-broers wat by die mislukte Estina-suiwelprojek betrek word, tot 9 Maart uitgestel. ‘n NVG-woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê ondersoeke het bevind Kamal Vasram en Saliesh Indurjeeth het uitklaringsdokumente met ‘n verklaarde waarde van meer as 37,7 miljoen rand vir ‘n sogenaamde “nuwe” pasteurisasie-aanleg ingedien. Sy sê dit was egter nie die egte waarde nie, aangesien dit buitensporig hoog is.