PDM besoek Ontwikkelingsbank van Namibië

Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement se leier McHenry Venaani, het vanmiddag besoek afgelê by die Ontwikkelingsbank van Namibië om kwessies van ondersteuning vir klein en medium ondernemings en werkskepping te bespreek. Hy was vergesel deur parlementslede Nico Smit, Inna Hengari, Geoffrey Mwilima en die waarnemende sekretaris-generaal van die jeugliga, Yvette Araes.