Krieket: Vyf wil Protea-afrigter word

Krieket: Vyf name is volgens berigte op ‘n kortlys om Mark Boucher as hoof-afrigter van die Proteas te vervang. Hulle is die huidige waarnemende afrigter, Malibongwe Maketa, Adrian Birrell, Shukri Conrad, Richard Pybus en Rob Walter. Die voormalige voorslag-speler van die Proteas, Lance Klusener, het onlangs sy aansoek teruggetrek. Boucher is weg na verlede jaar se T20-Wêreldbekertoernooi. Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket, Enoch Nkwe, sê die aanstellings vir toetse en witbal-krieket word teen môre afgehandel en volgende week bekend gemaak