Twee strawwe maande lê voor vir Bulle

Rugby: Daar lê twee strawwe maande vir die Bulle voor in die Kampioenebeker, maar hulle put krag uit verlede naweek se taai kragmeting met Lyon in hulle aanvangswedstryd op Loftus. Die span het vasgebyt en met ‘n jong, onervare span die Franse span verslaan toe Jake White se dobbelspel om met ‘n sogenaamde tweede beste span te speel, vrugte afgewerp het. Die Bulle speel komende naweek teen Exeter Chiefs in Engeland. White sê dis soos om elke naweek ‘n toets te speel.