EFF en ATM wil hof ná NV Phala Phala-verslag vewerp

Die EFF en die African Transformation Movement dreig met regstappe nadat die Nasionale Vergadering teen ‘n ampsklag-ondersoek teen President Cyril Ramaphosa gestem het. Die meerderheid van die parlementslede het teen die aanvaarding van die verslag van die Artikel 89-paneel gestem waarin uitgelig word dat die president dalk sal moet verantwoording doen oor die diefstal op sy plaas, Phala Phala, in 2020. Die die ATM sê hy gaan hof toe nadat die speaker besluit het om nie ‘n geheime stemming toe te laat nie en EFF-leier Julius Malema sê die proses was gebrekkig.