Agt skuldig oor Bastilledag-aanval in 2016

Agt mense is skuldig bevind weens hulle betrokkenheid by die terroris wat op Bastilledag in 2016 met ‘n swaar vragmotor in ‘n skare ingeploeg het in die suidelike Franse stad, Nice. Altesaam 86 mense is dood en 450 beseer. ‘n Spesiale hof in Parys het sewe mans en ‘n vrou gevonnis tot tronkstraf van tussen twee en 18 jaar. Die polisie het die aanvaller, Mohamed Lahouaiej-Bouhlel, doodgeskiet. Die Islamitiese Staat het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.