Twee skole gaan in Erongo gebou word 

Om die toename in leerders en die tekort aan skole om hulle te akkommodeer, die hoof te bied, sal die onderwysdirektoraat in die Erongo-streek twee projekskole bou. Die skole, een ‘n laerskool en die ander ‘n hoërskool, sal onderskeidelik op Walvisbaai en Swakopmund gebou word teen ‘n koste van 5,6 miljoen Namibiese dollar elk. Die streek het ‘n toename in leerder-inskrywings van 51 942 in 2022 aangeteken vanaf 49 537 in 2021. Intussen het die aantal onderwysers in dieselfde tydperke van 1 876 tot 1 913 toegeneem, het die streek se goewerneur, Neville Andre gesê. Hoewel die streek 101 onderwysposte vir 2022 geadverteer het, is slegs 30 onderwysposte gevul, wat vyf skoolhoofde, sewe departementshoofde en 89 onderwysers ingesluit het.