Elf is in die wedloop vir nuwe Britse premier

Daar is nou elf name in die wedloop om die Britse eerste minister, Boris Johnson, te vervang, ná sy aankondiging verlede week dat hy gaan uittree. Die invloedryke Konserwatiewe groep, die 1922-komitee, vergader vandag om ‘n nuwe uitvoerende bestuur te verkies, wat sal besluit oor die reëls vir die leierskapstryd. Die reeds groot groep mededingers het gister gegroei toe die minister van internasionale handel, Penny Mordaunt, en die minister van buitelandse sake, Liz Truss, hulself ook verkiesbaar gestel het. Die huidige voorloper is die voormalige minister van finansies, Rishi Sunak.