Twee SA plase het H5-voëlgriep

Voëlgriep is by vier pluimveeplase in die Wes-Kaap aangeteken. Volgens die provinsiale Departement van Landbou is die betrokke plase naby Worcester, Malmesbury en Hopefield geleë. By twee van die plase is die hoogs patogeniese H5-voëlgriep bevestig. Die departement se Woordvoerder, Daniel Johnson sê die verhouding tot die virusse wat in die noorde van die land voorkom, is nie bevestig nie.

Daar is reeds ‘n plaaslike verbod op alle pluimvee invoere vanuit Suid-Afrika.