Media kry opleiding in aanlynveiligheid

Op 27 en 28 Mei kan die Namibiese media opleiding in digitale regte en aanlynveiligheid vir joernaliste ontvang. Dit word saam met Wêreld Persvryheidsdag herdenk. Die opleiding is deur rolspelers in mediavryheid soos Internet Society Namibia Chapter, die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en die nuwe media vakbond Nampu gereël. Die opleiding is ontwerp om die media met vaardighede te bemagtig om hulself aanlyn te beskerm. Sakeus Ikela, Sekretaris-Generaal van Nampu, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.