Twee restaurante het kreatiewe plan met die Covid-19-inperking

Twee restaurante in Waterkloof, Pretoria, het besluit om nie toe te laat dat die huidige inperking hulle kreatiwiteit onderdruk nie en het ‘n inry-diens in die parkeerterrein begin. Die restaurante is in die Waterkloof Corner-winkelsentrum in die stad. Hulle het groot houtskinkborde gekry wat van venster tot venster in motors pas. Hulle lojale kliënte kan nou hulle gunsteling maaltye in die veiligheid van hulle eie voertuie geniet.