Ramaphosa word gevra om Zuma kwytskelding te gee

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, wil hê president Cyril Ramaphosa moet dit oorweeg om kwytskelding aan sy voorganger te verleen. Hy hoop dit sal die gewelddadige versetoptrede beëindig wat in die provinsie uitgebreek het sedert Jacob Zuma Woensdagaand begin het om sy tronkstraf uit te dien. Zuma-ondersteuners het paaie versper en eis dat hy onmiddellik vrygelaat word.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *