Gatland maak 13 veranderinge vir vanaand teen die Haaie

Rugby: Die afrigter Warren Gatland het 13 veranderinge aan sy Britse en Ierse Leeus-span aangebring vir vanaand se tweede ontmoeting met die Haaie op Loftus.Die besoekers het die Haaie Woensdag oortuigend geklop.Die wedstryd is byna afgelas weens twee positiewe Covid-19-gevalle in die toerspan se geledere. Die span van KwaZulu-Natal speel in die plek van die Bulle wat geskeduleer was om teen die besoekers te speel, maar die kragmeting is weens positiewe gevalle in die span van Pretoria afgestel.