Mosie van wantroue teen Ramaphosa sterf ‘n stille dood

Die mosie van wantroue teen Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het ‘n stille dood gesterf nog voordat dit by die stemfase kon uitkom. Parlementslede kon nie vanmiddag ooreenkom of dit uitgestel of heeltemal van die parlementêre agenda geskrap moet word nie. Die onenigheid het begin toe Vuyo Zungula, president van die ATM, aan die begin van die verrigtinge geweier het dat LP’s voortgaan om oor die mosie wat hy vroeër ingedien het, te debatteer. Die speaker Nosisive Mapisa-Nqakula het beslis die debat oor die mosie van wantroue sal nie vandag voortgaan nie en sal môre na die parlement se programmeringskomitee verwys word.