Twee Oekraïense soldate dood, vier gewond

Die Oekraïense weermag sê twee soldate is dood en vier is gewond in ‘n bombardement deur pro-Russiese separatiste in die ooste van die land. Die geweld wat verlede week opgevlam het, het die vrees laat ontstaan dat dit Russiese militêre aksie kan ontlok. Die Oekraïense weermag sê op sy Facebook-blad separatiste het die skietstilstand gister 70 keer oortree. ‘n Groep wetgewers en buitelandse media wat die konflik-gebied besoek het, het onder skoot gekom en moes na ‘n skuiling ontruim word. Intussen het Duitsland en Frankryk sy burgers aangeraai om die Oekraïne te verlaat.