Eben Etzebeth is weer op die krukkelys

Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth is weer op die krukkelys vir die Franse klub Toulon, dié keer met ‘n kuitbesering. Hy het die kuitbesering opgedoen voor Toulon se Top-14 kragmeting teen Perpignan en sal ‘n maand lank buite aksie wees. Etzebeth het vroeër vandeesweek by die Haaie kontrak geteken.