Ace beskuldig dat hy korrupsiesaak probeer vertraag

Die aanklaer in die saak van die geskorste ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule, beskuldig hom dat hy dinge probeer vertraag ten einde ‘n pleit op verskeie strafregtelike aanklagte te vermy. Volgens Suid-Afrikaanse mediaberigte, is dit vervat in die antwoordende stukke wat by die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien is. Die voormalige premier van die Vrystaat, sy tien mede-beskuldigdes en vyf maatskappye staar meer as 70 aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery in die gesig. Hulle maak gereed vir hierdie week se hofverskyning in die 225 miljoen rand Vrystaatse asbes-korrupsie-sage.