Twee K9-offisiere snuffel dwelms, ammunisie uit

Die mens se beste vriend is slegte nuus vir misdadigers in Kaapstad. Twee K9-offisiere het ‘n belangrike rol gespeel in die inhegtenisneming van vyf verdagtes vir die onwettige besit van dwelms en ammunisie in Lansdowne. Ruth Solomon van die stad se metropolisie sê polisielede het misdaadvoorkomings-patrollies gedoen toe hulle inligting ontvang het oor beweerde dwelmhandel. Sy sê hulle het met die hulp van Khaos en Leia dwelms in ‘n kombuiskas gekry, en ammunisie in ‘n huis se agterplaas.