Bevolking- en Behuisingsensus vind vanaf 17 tot 29 Oktober plaas

Die Namibië Statistieke-agentskap het aangekondig dat die 2021 Bevolking- en Behuisingsensus op 17 Oktober afskop. Die sensus sal slegs by sekere huise plaasvind en tot 29 Oktober duur. In vorige jare het inwoners soms geweier om deel te neem, maar die agentskap doen ‘n beroep op Namibiërs om saam te werk. Nelson Ashipala, die woordvoerder, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.