Local is Lekker Tourism bied toerisme-ekspo op Swakopmund aan

Local is Lekker Tourism bied vanaf 28 tot 30 Oktober ‘n toerisme-ekspo by die Atlantic Villa Boutique Gastehuis en Konferensiesentrum op Swakopmund aan om plaaslike toerisme te bevorder. Verskeie bekende kunstenaars soos onder meer Riaan Smit en Savannah gaan die vermaak verskaf. Heiko Dörgeloh ‘n lid van die toerisme-komitee en organiseerder, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.