Twee jong mans vas na gewapende rooftog by Okalongo

Polisie in die Omusati-streek het twee jong mans in hegtenis geneem in verband met ‘n gewapende rooftog by Pep Store op Okalongo vanoggend waartydens ‘n sekuriteitswag doodgeskiet is. Die twee verdagtes met van die gesteelde kontant is by die naburige nedersetting van Okando gevind.