Gewese sokkerafrigter van Zambiese span skuldig aan seksuele aanranding

‘n Gewese afrigter van Zambië se nasionale sokkerspan is in die streekhof in Gqeberha in die Oos-Kaap skuldig bevind op twee aanklagte van seksuele aanranding. Anelisa Ngcakani van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die voorval het in Desember verlede jaar tydens die Cosafa-spele in die stad plaasgevind. Die 39-jarige vrou het koffie bedien in die Wolfson-stadion toe sy die 51-jarige Milutin Sredojević gevra het of hy suiker in sy koffie wil hê.