Twee jaar dan vervaardig Sasol groen waterstof

Sasol in Suid-Afrika sal binne 24 maande groen waterstof kan maak, aldus die uitvoerende hoof, Fleetwood Grobler. Hy sê dit beteken Sasol vorder van sy huidige grys waterstof met hoë koolstof-inhoud na die nuwe groen waterstof met lae koolstofvlakke. Hy beklemtoon dat die groen waterstof by aangepaste fasiliteite vervaardig kan word. Sasol het ‘n samewerkingsooreenkoms met die voertuigvervaardiger Toyota om swaarvoertuie se brandstof na groen waterstof om te skakel.