Plaaswerkers bestee N$85m in landelike ekonomie

Die Landbou Werkgewersvereniging het weereens die belangrikheid van redelike en regverdige lone vir plaaswerkers beklemtoon. Volgens die jongste syfers wat in 2019 ingevorder is en verlede jaar gepubliseer is, het plaaswerkers ‘n gemiddelde kontantloon van net meer as 2 300 Namibiese dollar maandeliks verdien. Boere het gemiddeld nege plaaswerkers en volgens die jongste syfers is daar 4 000 kommersiële boere in die land. Die vereniging sê dus was daar 36 000 werkers op kommersiële plase in die land en met hulle gemiddelde loon, het hulle 85,2 miljoen Namibiese dollar in die landelike ekonomie bestee. Daar is ook gemiddeld 2,1 afhanklikes vir plaaswerkers wat beteken die lone versorg net meer as 75 000 individue.