Boere in SA se finansies vertoon beter

Die verkope van trekkers en stropers in Suid-Afrika het ‘n beduidende toename getoon. Volgens die Landbousakekamer het die verkope in Mei op ‘n jaargrondslag met meer as 10 persent gestyg. Wandile Sihlobo van die sakekamer het die relatief sterker wisselkoers verwelkom en sê dit dien as ‘n positiewe buffer vir ingevoerde landboumasjinerie. Sihlobo het aangedui dat boere se sterker finansies bygedra het tot die toename in verkope: