Twee helde, Japie van Zyl & Dirk Mudge vandag twee jaar oorlede

Namibië het vandag, op Heldedag, twee jaar gelede twee unieke helde verloor. Dr. Japie van Zyl is dood op die ouderdom van 63 in Pasadena, Kalifornië na ‘n hartaanval terwyl hy gedraf het. Van Zyl was ‘n pionier vir Namibië en het 33 jaar vir Nasa in die VSA gewerk. Hy was deel van die Curiosity-sendingspan na Mars. Van Zyl is op Outjo gebore en sy pa, Ben van Zyl, na wie Van Zyl’s-pas vernoem is, was die kommissaris vir Kaokoland. Hy het gereeld saam met sy pa in die gebied gereis en daar word berig dat hy sy verwondering vir ruimte-landskappe hier begin het. Die veteraan politikus en Brahman-stoetboer Dirk Mudge is ook vandag twee jaar op die ouderdom van 92 oorlede. Mudge was die voorsitter van die geskiedkundige Turnhalle Konstitusionele-konferensie wat van 1975 tot 1977 geduur het. Daarna is die DTA, nou die PDM, deur hom gestig, sowel as die Afrikaanse dagblad, Die Republikein. Hy het na onafhanklikheid tot 1993, in die Nasionale Vergadering gedien voor hy afgetree het.