Putin teken dekreet vir nog 137 000 soldate

President Vladimir Putin het ‘n dekreet onderteken wat die Russiese weermag opdrag gee om ‘n bykomende 137 000 soldate te werf. Dit sal dié land se aantal soldate uitbrei tot meer as 1,15 miljoen wat sowat 15 keer meer is as die Britse weermag. Die dekreet versoek die regering om fondse uit die federale begroting beskikbaar te stel wat volgende jaar op 1 Januarie van krag sal word. Na raming is ongeveer 80 000 soldate reeds dood of gewond sedert Rusland Oekraïne ses maande gelede ingeval het.