Ontleder gesels oor Heldedag

Die herdenking van Heldedag is ‘n belangrike gebeurtenis waar Namibiërs van alle vlakke van die samelewing byeenkom om hul helde en heldinne te herdenk. Die erkenning van nasionale helde en heldinne in Namibië het tot dusver oorheersend op politieke figure gefokus, met inagneming van die koloniale geskiedenis van die land en die behoefte om ons eie helde en heldinne in ons herinneringe en openbare ruimtes in te skryf. Heldedag herdenk die Namibiese vryheidstryd wat op 26 Augustus 1966 op Omugulugwombashe begin het. Dr. Charles Mubita, ‘n politieke analis, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.