Twee gevangenes val drie bewaarders in St Albans aan

Korrektiewe Dienste in die buurland het bevestig twee gevangenes het drie bewaarders met skerp voorwerpe gesteek in die St Albans Korrektiewe Sentrum in Gqeberha in die Oos-Kaap. Die departement sê hy sal teen hulle optree. ‘n Woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê die gevangenes is geïdentifiseer en van mekaar geskei. Een amptenaar is behandel en uit die hospitaal ontslaan, terwyl die ander twee in die hospitaal bly. Nxumalo sê ‘n ondersoek is aan die gang.