FNB Namibia skenk aan DBV se Dixie’s-fonds

First National Bank Namibia het deur die FirstRand-stigting 150 000 Namibiese dollar geskenk aan die Dierebeskermingsvereniging se Dixie’s-fonds vir die verskaffing van basiese en buitengewone mediese sorg aan geredde diere. Die amptelike oorhandiging het tydens die DBV se jaarlikse ‘Animals by Night’-geleentheid by die Goethe-instituut plaasgevind. FNB Namibia het oor die afgelope vyf jaar meer as ‘n halfmiljoen dollar aan die DBV in Windhoek geskenk. Revonia Job van FirstRand Namibia sê aan Kosmos 94.1 Nuus die DBV ontvang meer as 4 000 diere per jaar.