Eskom wil appelleer teen tenders-uitspraak

Eskom het aansoek gedoen om te appelleer teen ‘n uitspraak wat tenders ter waarde van 16 miljard Suid-Afrikaanse rand tersyde stel. Die tenders is verlede jaar aan Actom en Steinmuller Africa toegeken vir instandhouding en hersteldienste aan onderbrekings by sy 15 steenkool-kragstasies. Die hooggeregshof se uitspraak het die tenders as onregmatig verklaar en die kontrakte tersyde gestel. Eskom beweer in sy appèl-aansoek die hof het fouteer deur tot die gevolgtrekking te kom dat die ISO-sweiss-ertifikaat-voorwaarde dubbelsinnig was, en die tenderproses onbillik is.