Twee doodgeskiet in gay-kroeg in Oslo voor Pride-parade

’n Gewapende man het in die vroeë oggendure twee mense in ’n gay-kroeg en omliggende strate in Oslo, doodgeskiet en 14 ernstig gewond op die dag wat die stad se LGBTQ-gemeenskap sy jaarlikse Pride-parade sou vier. Die slagoffers is binne en buite die London Pub, ‘n bekende gay-kroeg en nagklub wat sedert 1979 oop is, geskiet, asook by ‘n ander kroeg in die middel van die Noorweegweegse hoofstad. ‘n Verdagte, ‘n 42-jarige Noorweegse burger van Iranse oorsprong, is minute daarna in hegtenis geneem. ‘n Outomatiese aanvalsgeweer en nog ‘n vuurwapen is deur die polisie op die misdaadtoneel gekonfiskeer.