Minister Pravin Gordhan se direkteur-generaal geskors

Die direkteur-generaal van openbare ondernemings in die buurland, Kgathatso Tlhakudi, is geskors terwyl dissiplinêre stappe gedoen word. Minister Pravin Gordhan het onthul ‘n klagte is teen Tlhakudi by die Staatsdienskommissie ingedien. Die aangeleentheid is verwys na die minister van Justisie en Korrektiewe dienste, Ronald Lamola. Lamola het intussen die besluit geneem om Tlhakudi onmiddellik te skors totdat die dissiplinêre proses afgehandel is.