Twee-derdes van Duitsers het kommer oor vlugtelinge

Amper twee-derdes van Duitsers het groot kommer oor ‘n toename in vlugtelinge na die Taliban beheer geneem het in Afghanistan. ‘n Peiling toon dat amper 63 persent van respondente meen die getalle sal toeneem. Duisende Afghaanse burgers vlug uit hulle tuisland op die oomblik as gevolg van vrese oor die Taliban se ekstreme Islamitiese beleid. Volgens berigte uit Duitsland is dit ook nie net verregse Duitsers van die kommer het nie. Talle liberale Duitsers meen die getalle kan weer toeneem soos ses jaar gelede toe meer as ‘n miljoen asielsoekers die land binnegekom het. Intussen het die eerste Lufthansa-vlug met Afghaanse vlugtelinge in Duitsland aangekom.