PDM toon medelye met Kazenambo se afsterwe

Die leier van die amptelike opposisieparty, die PDM, het sy medelye uitgespreek oor die afsterwe van die voormalige Swapo-lid en kabinetsminister Kazenambo Kazenambo. McHenry Venaani sê dit is ‘n baie groot verlies vir Jan Alleman. Kazenambo is aan Covid in die hoofstad oorlede. Venaani se woordvoereder Roberto Dirkse het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.