DBN soek miljoene by Ally, sy eis miljoene terug

Die Ontwikkelingsbank van Namibië eis betaling van net meer as 15 miljoen Namibiese dollar by Leap Manufacturing Namibia, Ally Angula en haar man Manna Matswetu. Die bank eis ook dat alle voordele van ‘n versekeringspolis aan hom uitbetaal word en vra dat daar beslag gelê word op ‘n erf in die hoofstad. Dit is een van vele sake waar eise teen Angula, wat verskeie direksie poste gehad het en ook die adjunk-uitvoerende direkteur van die ministerie van finansies was, vir uitstaande skuld. Angula het ook ‘n teeneis ingedien teen die bank en meen sy het verskeie verliese gely omdat die bank nie voldoen het aan sy ontwikkelingsdoelwitte nie. Sy eis net meer as 25 miljoen dollar in skadevergoeding. Die saak is vandag voor regter Boas Usiku vir die bepaling van verhoordatums.