Twee Covid-sterftes op Oshakati aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes in die Oshakati-distrik aangemeld, asook 163 nuwe gevalle uit 1 242 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 13 persent verteenwoordig. In die groep is 20 leerders, vier gesondheidswerkers, twee studente en een onderwyser. Daar is nou 9 828 aktiewe gevalle, waarvan 304 pasiënte in hospitale is en 34 in hoësorgeenhede. Altesaam 350 453 persone is ten volle ingeënt.