Twee Covid-sterftes in Windhoek, Eenhana

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee sterftes in twee distrikte, Windhoek en Eenhana, aangemeld, asook 20 nuwe Covid-gevalle uit 1 377 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,5 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders en een student. Daar is nou 910 aktiewe gevalle gevalle, waarvan 54 pasiënte in hospitale is en ses in intensiewesorgeenhede. Altesaam 213 294 mense is ten volle ingeënt.